Table of contents
Share Post

Twyfel jy of daar ‘n doel of ewige waarde is in hierdie gejaagde, meestal kunsmatige lewe.

God het ons gemaak vir Hom.

God het ons gered vir Hom.

Hierdie gejaagde, kunsmatige lewe is nie wat God bedoel het nie. Die skepping was bedoel as ‘n lewe van oorvloed en vermeerdering, heerskappy oor die natuur binne die orde wat Hy geskep het, vir sy beeld-draers.

Na ons die doel van die skepping een keer gemis het, het Jesus dit deur Sy volmaakte offer kom herstel – die verhouding met ons Hemelse Vader is heel gemaak.

Die pyn en lyding wat ons nou beleef word herstel tot ‘n wonderlike offer vir die Koning wat ons bevry van die straf van die sonde tot ‘n betekenisvolle lewe.

Ons HOOP en VERWAGTING is dat waar sonde verwyder word heers Jesus se liefde en daarom oorvloedige lewe, VIR GOEIE WERKE.

Jy is ‘n gekose kind van God – by HOM vind jy die goeie om te doen.Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef. Hy het sy lewe vir ons gegee om ons los te koop van alles wat voor God verkeerd is, en om ons te reinig van alle sonde sodat ons sy volk kan wees wat net aan Hom behoort, entoesiasties om die goeie te doen. TITUS 2:12,14 (NLV)

Vir meer konteks lees TITUS 2:11-14

“Join the conversation?”

“We share our daily thoughts, ask questions, and support each other as ‘rough drafts’ over on our Facebook page. Come join the community and send a message if you need to talk!”

Stay in the loop

Subscribe to KleiTablette for free.

Willem Pretorius

Related Articles