“Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.” GALASIËRS 5:18 (AFR53)
“Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders.” ROMEINE 8:14 (NLV)
Wie lei jou lewe?
Is ons besig om gelei te word deur ons eie belange, planne, behoeftes, begeertes, emosies, wette en reëls?
Is ons bereid om ons lewe oor te gee aan die leiding van die Heilige Gees? Ken ons die Heilige Gees se stem, se fluistering, se berading. Neem ons tyd om elke dag te begin in onderwerping aan die Heilige Gees se leiding. Om oor te gee aan die wil van God.
“Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou verwerk nie. Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid. Hy sal nie uit Homself praat nie, maar net sê wat Hy hoor. Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle meedeel.” JOHANNES 16:12-13 (NLV)
Moenie te veel wyn drink nie, want dan verloor ’n mens beheer oor jouself. Laat jou hele lewe eerder deur die Gees beheer word. EFESIËRS 5:18 (DB)
Moenie toegee aan die wêreld se begeertes of satan se leuens nie, maar laat toe dat die Heilige Gees jou lei. Laat toe dat die Heilige Gees in jou woon en tuis voel. Rig jou lewe in met die Heilige Gees as eregas. Laat Hom spesiaal voel, gee Hom die sleutel na al jou kamers. Roep Hom in alle omstandighede aan sodat Hy jou God se wil wys, wat Hy persoonlik van jou verlang in elke oomblik.
Wees gehoorsaam aan Sy leiding!
“En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.” ROMEINE 8:11 (AFR53)
Laat die Heilige Gees jou beste vriend wees, wat lewe en waarheid spreek.
“If you love me, show it by doing what I’ve told you. I will talk to the Father, and he’ll provide you another Friend so that you will always have someone with you. This Friend is the Spirit of Truth. The godless world can’t take him in because it doesn’t have eyes to see him, doesn’t know what to look for. But you know him already because he has been staying with you, and will even be in you!” JOHN 14:15-17 (MSG)
Vader in die Hemel, gee my asseblief die oë om U Gees te sien en die ore om Sy leiding te hoor. Ek volg vandag U alleen. Amen

