Services

Hoop|Genees|Groei

Welkom in ‘n veilige ruimte waar jy as ‘n rowwe konsep in wording kan behoort. Kom rus, vind genesing deur getroue pastorale en trauma-berading, en groei saam met my in Christus om jou unieke roeping voluit te leef.

Trauma Berading

Wanneer die lewe jou onkant vang en die grond onder jou voete weggee, is dit moeilik om alleen sin te maak van die seer. As ‘n geregistreerde praktisyn in Traumatic Incident Reduction (TIR), bied ek ‘n veilige, oordeelsvrye ruimte waar jy op jou eie pas die stukke kan optel. Ons stap tree vir tree saam om die wondsorg te hanteer, die emosionele lading van onverwerkte trauma veilig te ontlaai, en jou senuweestelsel te help tot rus kom sodat ons die pad na emosionele heelheid kan aanpak. Jy hoef nie dadelik sterk te wees nie; hier mag jy net wees.

Pastorale Berading

Die lewe bring uitdagings op vele vlakke—verhoudingskrisisse, gesinsdinamiek, geestelike twyfel, of net die alledaagse swaarkry. Pastorale berading is ‘n reis van sielsorg waar ons die lewe se vrae deur die lens van geloof en die Skrif ondersoek. As ‘n geakkrediteerde berader, geregistreer by die Council for Pastoral and Spiritual Counsellors (CPSC), bied ek ‘n vertroulike en professionele ruimte waar ons saam luister na wat God dalk in hierdie seisoen in jou lewe aan die bou is.

Ontdek Jou Roeping

Elkeen van ons is met ‘n spesifieke doel en ontwerp geskep, maar dikwels raak daardie roeping begrawe onder verwagtinge, roetine of teleurstelling. Ons probeer dikwels om ander te bedien of ons eie roeping uit te leef uit ons eie krag. Maar bediening en heelwording vloei slegs uit die oorloop van ‘n hart wat volkome oorweldig is deur die Vader se liefde. In ons beradingsessies ontdek ons hoe Jesus jou oorspronklike identiteit kom terugkoop het sodat jy kan leef as ‘n splinternuwe skepping.
Lees die volledige inspirasie in Die Hanslammers Wei