
Ek skryf op ‘n kleitablet, ‘n verhaaltjie van ‘n ‘Piet-my-vrou’ wat in ons buurman se tuin kom woon het. Hoe opgewonde was ek oor hierdie heerlike geskree wat my sommer in ‘n japtrap bosveld toe vat. Maak net jou oë toe en luister, “Piet, my vrou, Piet, my vrou, Piet, my vrou”. Dit herroep warm dae, waatlemoen en wilds besigtiging. Die voël was verwelkom en gedoop, Piet. Eenvoudig name is altyd kragtig. Maar soos die dae aan gegaan het hierdie eentonige geroep, begin frustrasie raak. Die voël is elke dag hier. Die voël roep in rukke en stote. Eers vyf keer, stil. Dan agt keer en stilte. Sodra jy dink hy is stil, roep hy weer. Ek wonder nou al of Piet nie dalk Griet is nie. Soms gaan Piet, die voël, aan asof Piet, haar gehoor apparaat afgesit het.
Die voël slaap natuurlik ook oor. Die boom is sy huis. En ja, wees gewaarsku, Piet word ook wakker in die nag, en dan hoor Piet dit eers. Dit ontwaak wreed vir vroulief en liewe Anna. Hulle is nou nog moerrig oor die min slaap.
Ek staar vanoggend by die venster van my houthuis uit en sien hoe Anna, terwyl sy wasgoed ophang, soek na hierdie voël wat nog steeds vir Piet roep. Sy kry hom nie. Maar daar gaan hy aan, en voor lank is dit in ons breine, besig om te krap en kan jy nie ontslae raak van hierdie stukkie natuur. Wanneer dit stil word, glip daar ‘n “piet-my-vrou” deur my fluitende lippe.
Sommige goed wat baie oulike aan die begin is, kan vas haak in ons lewens, en van ons vrede steel. Ons bid dat God julle seën met die onderskeiding en bevryding van enige iets wat ooglopend goed lyk, maar wat krap en vrede steel soos ‘n oorlastige ‘Piet-my-vrou’.
Lees die volgende verhaal van Piet: “Piet hou aan roep!”

