Table of contents
Share Post

Kyk ‘n nuwe kleitablet, wel nie nuut nie, net omgedraai. Die geskrif is op die bokant-onder kant van die tablet. Want as ons Skepper jou kom haal en neem na sy weiveld, daar waar die reën sag en deurdringend giet, vind jy dat die wêreld reg omgedraai word. Word die hemel die norm, ja, hier op aarde, in die teenwoordigheid van die Vader se woord, sy lig en Gees, in die teenwoordige tyd.

Hierdie sal die laaste tablet wees vir 21 dae. Want iets nuut is besig om te gebeur. ‘n Offer is gevra en dit is belangriker om God te volg as my eie belange. My swakheid is al waarin ek kan roem, en ek het bewus geword van my swakheid en dit omarm soos ‘n pappa wat sy dogtertjie in sy arms vasklou, na hy vir lank weg was om in ‘n onnodige oorlog te veg.

Vandat ek ons Vader vars ontmoet het, so naastenby vyf maande terug, het Hy my ‘n nuwe koers gegee, ‘n doel en ‘n roeping. Ek het soveel ontvang en my woorde was baie, oorvloedig en ‘n seën in gehoorsaamheid. Wat God my gewys het is vasgevang in goeie klei en staan vas vir generasies om te sien; ja te sien dat God steeds mense kom haal uit die modder en sand van hulle eie sondige keuses. Mense is ek en ek kan God net die eer gee.

My hart het gestort, uit die nuwe passie en ‘purpose’ wat Vader my gegee het, reeds voor ek ‘n klein swemmertjie was. Stories van ‘n ‘Piet-my-vrou’, ‘‘n Hek magneet’ – wat, jou-wrintiewaar, nog steeds werk soos hy bedoel is. Daar was stories oor kamp, my nuwe aangeleerde smaak; kamp saam met ‘n ‘Slinkse papajapit’. Stories oor pyn en ontdekking, lesse leer en nuwe ‘familie’ vind, in die mense wat God enkel alleen hand-gekies het om waarheid in ons lewens in te spreek en met liefde ons te versorg. Gemeenskap was lank laas so verruklik.

Soveel stories van bevryding en oorwinning, van ‘n Skepper God wat nie weg gedraai het toe ons besluit het om teen ons ontwerp te skop. Bring jou pyn en skaamte, God bedek dit met volmaakte liefde – selfs ‘n gedig ego God se ‘Roep seker sag’.

As geloof, hoop en liefde ewig staan, staan ek saam met Paulus in hierdie drie gawes – hulle is so seker soos oggend, geweef in my gunsteling openbarings: ‘Die geheime Ingang’, ‘Rooting, vir jóú!’ en die danklied, ‘Vra die regte vraag’. Ja, ‘n braaivleis offer vir die ewig goeie Vader wat vir my en Vroulief en ons twee seënings gesorg het. In ‘n tyd toe ons geleer het hoe afhanklik ons werklik van die ewig almagtige God is. ‘n Goeie God, wat vreugde, juis daarin vind om vir ons te sorg en te voorsien. Solank die glorie syne bly.

Voor ek vir ‘n wyle groet, los ek ‘n wonderlike lewe les, wat ek in ons tyd van vas geleer het by Ps Werner. Draai na God sodat die sluier verwyder kan word en ons verander word om soos Jesus te lyk. Draai weg van die wêreld, na die enigste, liefdevolle en genadige God, laat toe dat hy jou sondes verwyder en jou deur die Gees transformeer om soos Jesus te lyk – 2 Kor 3:16-18.

Geloof is om verseker te weet dat dit waarop ons hoop sal wees soos wat ons gevra het.

Alles word deur God tot stand gebring en is vir Hom geskep.

Ek is ‘n dienskneg in U Koninkryk… ?

Amen.

“Kom gesels saam?”

“Ons deel daagliks gedagtes, vra vrae en ondersteun mekaar as mede rowwe voorstellings van die Een, op ons Facebook page. Word deel van die gemeenskap en stuur ‘n boodskap as jy wil gesels!”

Stay in the loop

Subscribe to KleiTablette for free.

Willem Pretorius